N$115m vir toeriste na vulkaan-uitbarsting
Die Distrikshof in Auckland, Nieu-Seeland het opdrag gee dat vergoeding van 115 miljoen Namibiese dollar betaal word aan slagoffers van die White-eiland-vulkaanramp. In Desember 2019 het 47 mense die vulkaan besoek toe dit uitbars en 22 lede van die groep gesterf het. Baie slagoffers is deur skroeiende gas en as gebrand. Sewentien van die toeriste wat dood is, was van Australië, en die ander van lande soos Amerika, Duitsland en China. Die hof het bevind die vier toerleiers en die eiland se eienaar, Whakaari Management, het nie die toeriste se veiligheid verseker nie.