Sandile sê die Blitsbokke is goed genoeg
Die hoofafrigter van die Blitsbokke, Sandile Ngcobo, glo sy spelers kan sake omkeer in die naweek se wêreldsewes-toernooi in Los Angeles, Amerika. Suid-Afrika is sesde op die punteleer na teleurstellende uitslae in die afgelope drie toernooie nadat hulle die eerste toernooi van die seisoen in Dubai gewen het. Hulle speel hulle groepwedstryde in Los Angeles teen die voorlopers op die punteleer, Argentinië, Ierland en Spanje. Ngcobo hou vol die Blitsbokke is goed genoeg om toernooie te wen: