Ontbind Zambezi-waterfront maatskappy, sê ombud

Die Namibiese ombud, Basilius Dyakugha het aanbeveel dat die Zambezi Waterfront Toerismepark maatskappy ontbind moet word en die fondse oorgedra word na die vakopledigingsentrum in die streek. Die streeskgoewerneur Lawrence Sampofu het in 2022 die ombud gevra om ondersoek in te stel na die misbruik van fondse by die maatskappy. Die konstruksie, wat reeds 22 jaar gelede begin het, het tot dusver 124 miljoen Namibiese dollar gekos en nog miljoene is op ander uitgawes, soos instandhouding, bestee.