Walvis vandag 30 jaar deel van Namibië
Dit is vandag presies 30 jaar wat Walvisbaai formeel deel geword het van Namibië. Resolusie 435 van 1978 het verklaar dat die territoriale integriteit en eenheid van Namibië verseker moet word deur die herintegrasie van Walvisbaai binne sy grondgebied. Na onafhanklikheid in 1990 het Walvisbaai steeds onder Suid-Afrika gebly en die land het ook sy troepe op die dorp vermeerder. Maar, in 1992 is ‘n owerheid gestig gelei deur president Nangolo Mbumba, destyds die sekretaris van die kabinet, en Carl von Hirschberg, voormalige Suid-Afrikaanse Ambassadeur by die Verenigde Nasies. In 1993, net voor die einde van apartheid is ‘n verdrag onderteken om Walvisbaai en Pelicanpunt amptelik aan Namibië oor te dra op 1 Maart 1994.