Bulls gereed vir Stormers die naweek

Die Vodacom Bulls pak die DHL Stormers eerskomende naweek om 5-uur op Loftus Versfeld in Pretoria. Die Bulle sal probeer om hul derde oorwinning in ‘n ry te behaal en die Stormers hul vyfde. Slegs vyf punte skei die spanne op die punteleer – met die Bulls in die tweede plek en die Stormers in die sesde plek – wat beteken dat ‘n oorwinning die wenner ‘n handige hupstoot sal gee. Willem Strauss, president van die Blou Bulle, het met Kosmos 94.1 Nuus gesels.