Bitcoin styg steeds, nou bo $63 000

Bitcoin is op ‘n sterk opwaartse lopie en verhandel tans teen net bo 63 000 Amerikaanse dollar. Die kripto-geldeenheid het Woensdag vir die eerste keer in meer as twee jaar die 60 000 Amerikaanse dollar kerf bereik. ‘n Prysstyging van 42 persent is hierdie maand aangeteken. Dit is die grootste maandelikse wins sedert Desember 2020. Kosmos 94.1 Nuus het by die uitvoerende hoof van CBI, Coenie Botha, meer gaan uitvind.