Vervoerprojekte van R60-miljoen in Kaapstad gestaak oor afpersing

Kaapstad sê hy het sewe stedelike vervoerprojekte gestaak weens afpersingsdreigemente. Dit het ‘n uitwerking op die ekonomie. Die projekte se waarde is sowat 60-miljoen Suid-Afrikaanse rand. Die burgemeesterskomiteelid vir Stedelike Vervoer, Rob Quintas, sê bykomende sekuriteit is ontplooi om die werkers te beskerm op projekte wat nié opgeskort is nie.