Voëlgriepvirus het aangepas en bedreig seelewe

Die hoogs siekmakende voëlgriepvirus H5N1 het aangepas om tussen voëls en see-soogdiere te versprei wat ʼn onmiddellike bedreiging vir die bewaring van seelewe inhou. Dit is volgens ʼn studie wat in die vaktydskrif, Emerging Infectious Diseases, verskyn het. Wetenskaplikes het breinmonsters van vier seeleeus, een pelsrob en ʼn seeswaeltjie geneem wat dood gevind is by die seeleeu-kolonie in Argentinië, wat die swaarste getref is. Alles het positief getoets vir die virus. Die skrywer Agustina Rimondi sê dit bevestig dat alhoewel die virus aangepas het om see-soogdiere aan te tas, kan dit voëls ook besmet.