Toewysing vir toerisme is baie goeie nuus

Finansminister Ipumbi Shiimi het in sy begroting altesaam 725,5 miljoen Namibiese dollar aan die toerisme-ministerie bewillig. Dit is sowat 19,4 persent hoër as die vorige jaar. Dit behoort die ministerie in staat te stel om aandag te gee aan infrastruktuur-tekortkominge, gegewe die stygende toeriste-aankomste, asook om die bemarking van Namibië as ‘n toerismespilpunt te verbeter. Kosmos 94.1 Nuus het met Gitta Paetzold van die Gasvryheidsvereniging van Namibië gesels oor die belangrikheid van die verhoging.