Almal moet Ben Freeth ondersteun – Theo de Jager
Ben Freeth, wat bekendheid gewerf het tydens die gewelddadige grondhervormingsplan van Robert Mugabe in Zimbabwe, ry per perd vanaf Zimbabwe na Windhoek. Hy is tans net Suid van Otjiwarongo. Freeth het in 2008 by die SAOG-tribunaal gewen na daar beslis is hy mag voortboer op sy Mt. Carmel-plaas. Maar, Mugabe was destyds die voorsitter en het die tribunaal ontbind. Dr. Theo de Jager, voorsitter van die Wêreld Boere-organisasie sê Freeth se “Long Ride for Justice” het ‘n groot betekenis.