Malaria: Wakudumo vra gemeenskap om te help
Malaria-gevalle in sekere streke in die noorde klim nog steeds. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met die goewerneur van die Kavango-streek, Bonifatius Wakudumo, wat sê meer mense is in die intensiewe eenheid. Hy moedig die gemeenskap aan om voorsorg te tref teen muskiete, wat die siekte versprei.