Navalny Vrydag in Moskou begrawe
Die wyle Russiese opposisieleier Alexei Navalny sal môre in Moskou ter ruste gelê word na sy dood in ‘n Arktiese tronk vroeër die maand. Sy liggaam is eers na agt dae aan sy naasbestaandes oorhandig, met nog geen sekerheid oor die oorsaak van sy dood nie. Navalny se woordvoerder, Kira Yarmish, het vroeër gesê hulle het gesukkel om ‘n begrafnisondernemer te kry om die begrafnis te hanteer, vermoedelik in opdrag van president Vladimir Putin. Navalny se weduwee, Yulia Navalnaya, en verskeie wêreldleiers het Putin die skuld gegee vir die dood van een van sy grootste kritici.