Van Dyk wil SA-netbal na Wêreldbeker-oorwinning lei
Die pas aangestelde Protea-hoofafrigter, Jenny van Dyk, sê haar doelwit is om ‘n wenspan te bou. Sy het ‘n vierjaarkontrak en sal die span na die 2027 Wêreldbeker-toernooi in Australië lei. Van Dyk sal deur die voormalige Protea-kaptein en Maties-afrigter Zanele Mdodana bygestaan word. Haar eerste opdrag is om ‘n groep van 30 spelers te kies en die nasionale span te finaliseer. Van Dyk sê haar droom is om ‘n Wêreldbeker te wen: