Landbou is nie gereed vir klimaat-impak nie
Namibië is 107ste uit 182 lande op ‘n indeks wat ‘n land se kwesbaarheid kombineer met sy gereedheid om aan te pas tot klimaatsverandering. Dit is volgens ‘n kommerwekkende verslag oor klimaatsverandering wat deur die Namibiese Kamer van die Omgewing bekend gestel is. Data wys dat die land sedert 2010 uiters warm geword het en dit wil voorkom asof die frekwensie van droogtes toeneem. Voorspellings toon dat jaarlikse temperature verder sal styg, moontlik met 4 grade Celsius oor die volgende eeu, met reënval wat met 14 persent sal afneem. Kosmos 94.1 Nuus het met die uitvoerende hoof van die Kamer van die Omgewing, Dr. Chris Brown, gepraat oor wat Namibië, en veral boere, moet doen om klimaatsverandering te oorleef.