Bouplanne daal weer, of is dit steeds
Volgens die makelaarsfirma Simonis Storm se nuutste bou-statistiek verslag het die Stad Windhoek in Januarie 27,6 persent minder bouplanne goedgekeur as in Desember. Die 76 planne wat goedgekeur is, is ook 11,6 persent minder as in Januarie verlede jaar. Swakopmund het ook ‘n groot afname in bou-aktiwiteite beleef. Kosmos 94.1 Nuus het met Halleluya Ndimulunde, ‘n ekonoom by Simonis Storm, gepraat oor die stand van sake in die boubedryf.