Verkiesingskommissie wil verkiesing-werksonderhoude hou
Die Verkiesingskommissie van Namibië sal ‘n algemene registrasie van kiesers onderneem vir die presidensiële en Nasionale Vergadering verkiesings wat vir later in die jaar geskeduleer is. Die kommissie het bevoegde werklose persone genooi om aansoek te doen vir tydelike poste as toesighouers van registrasie- of ander beamptes. Die kommissie wil kandidate op die kortlys inlig om onderhoude by te woon. Kosmos 94.1 Nuus het met De Wet Siluka, die kommissie se woordvoerder, gepraat wat verduidelik.