SA nasionale polisie-hoofkwartier ongeskik vir menslike gebruik

Die Suid-Afrikaanse Polisiediens se nasionale hoofkwartier in Pretoria is opdrag gegee om onmiddellik te sluit weens ‘n skokkende toestand. Solidariteit se afdeling vir Arbeidsgesondheid- en Veiligheid en die arbeid-departement het die gebou na klagtes ondersoek, en bevind dit kort ook basiese geriewe en hou veiligheidrisiko’s in. Dit is agt jaar gelede gekoop en opgeknap vir bykans 900-miljoen Suid-Afrikaanse rand. Die vakbond se adjunk-hoofsekretaris vir Openbare Bedryf, Helgard Cronjé, sê die polisie moet op veiligheidsinspeksies wag voor die gebou heropen kan word.