Finansminister gee N$124 miljoen vir stadion-opgradering

Die finansminister, Iipumbu Shiimi, het 679,4 miljoen Namibiese dollar aan die ministerie van sport, jeug en maatskaplike dienste vir die 2024/2025-boekjaar toegeken. Dit is ‘n toename van 45,3 persent vanaf verlede jaar. Hy sê weens die opnuut aangewakkerde belangstelling in sport kry sportbevorderings-programme ‘n bykomende 100 miljoen Namibiese dollar. Dit sluit 29,5 miljoen dollar in vir voorbereiding vir die Streek 5 Jeugspele in Mei 2025. Boonop is 124 miljoen dollar voorsien vir die opgradering van die Onafhanklikheidstadion, asook verskeie sportfasiliteite en veeldoelige jeugsentrums regoor die land.