Shiimi ken groot geld toe aan spoorlyne

Finansminister Ipumbu Shiimi sê in sy begrotingsrede dit gaan beter met die ekonomie en dat die begroting in ‘n beter ekonomiese omgewing bepaal is as in vorige jare. Shiimi sê 970 miljoen Namibiese dollar word aan onderwys gegee vir skool-infrastruktuur en 700 miljoen dollar is toegeken aan behuising onder die Nasionale Behuisingsbeleid. ‘n Welkome 2,5 miljard Namibiese dollar is ook toegewy aan spoorlyne in die land in die huidige finansiële jaar.