Stand van Covid-19 gevalle op 18 Februarie

Die nuutste situasie verslag oor die stand van Covid-19 gevalle in die land wys dat daar teen 18 Februarie 301 toetse uitgevoer is. Twee-en-dertig nuwe gevalle is bevestig, met drie her-infeksies. Daar was 23 aktiewe gevalle en 16 pasiënte het herstel. Niemand het in die jongste uitbraak gesterf nie. Die Hardap-streek, wat Rehoboth insluit, is die swaarste getref met 25 gevalle. Daar is vier gevalle in die Khomas-streek bevestig, en een elk in die Erongo-, Karas- en Oshana-streke.