Kosmos 94.1 se ruimte-foto van die week
Kosmos 94.1 se ruimte-foto van die week. Die Carina-newel is ‘n ontsaglike groot wolk van gas en stof waar ‘n maalstroom van stergeboortes en -sterftes plaasvind. Die newel is ‘n geskatte 7 500 ligjare weg van ons en is in die suidelike sterrebeeld “Carina die Kiel” geleë.
“Mystic Mountain” is die term vir ‘n stof-gas-pilaar in die Carina-newel, waarvan ‘n foto op sy 20ste herdenking deur die Hubble-ruimteteleskoop geneem is. Die gebied is op 1 en 2 Februarie 2010 deur Hubble se “Wide Field Camera 3” waargeneem. Die pilaar is drie ligjare hoog met jong sterre binne-in die pilaar.
Fotos verskaf: NASA, ESA, and M. Livio and the Hubble 20th Anniversary Team (STScI)