Regering se skuldlas nou N$151,3: Shiimi

In Januarie vanjaar het die Namibiese regering se skuldlas op 151,3 miljard Namibiese dollar gestaan, of 61,3 persent. Die finansminister, Ipumbu Shiimi wat besig is om die begroting ter tafel te lê, sê ‘n spesiale fonds word gestig vir die terugbetaling van 14,3 miljard Namibiese dollar vir ‘n sogenaamde Euro-effekte wat volgende jaar op 29 Oktober betaalbaar is.