Ekonomiese toestande lyk beter: Shiimi
Die finansminister, Ipumbu Shiimi is tans besig om sy begrotingsrede in die Nasionale Vergadering te lewer. Hy maak melding van die verbeterde ekonomiese toestande en sê die 2024-25 begroting is in ‘n beter ekonomiese omgewing ontwikkel. Hy voorspel groei van 4 persent vanjaar.