Dokter geskiet oor skootrekenaar, selfone
Die provinsiale wetgewer in Gauteng se portefeuljekomitee oor Gemeenskapsveiligheid het die onlangse moord op ‘n mediese dokter in Dobsonville skerp veroordeel, en beskryf dit as uiters onaanvaarbaar en betreurenswaardig. Die dokter, wat geskiet is tydens ‘n gewapende roof by sy spreekkamer in Dobsonville, is in ‘n nabygeleë hospitaal oorlede. Die voorsitter van die komitee, Bandile Masuku, sê dit is diep verontrustend dat hy sy lewe verloor het bloot omdat hy geweier het om sy skootrekenaar en fone aan die verdagtes te oorhandig.