Gevangenes verbou hulle eie kos 

Die Namibiese Korrektiewe Diens is besig met verskeie projekte, waaronder ‘n voedingskema waar gevangenes hul eie groente kweek. Die publiek sal egter ook by die projek baat en oortollige groente sal bygedra word tot droogtehulp. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Raphael Hamunyela, die kommissaris-generaal vir korrektiewe dienste.