Amushelelo was nie eerlik nie
Michael Amushelelo het vir sy ondersteuners vanoggend gelieg. Hy het gepraat oor die besetting van onbewone huise in Otjomuise wat in die hof gedraai het…
Die waarheid is dat regter Nate Ndauendapo ‘n interdik teen hom en sy groep ondersteuners toegestaan het wat hulle verbied om enigsins naby die eiendomme te kom. Daar is ook ‘n kostebevel teen hom en die NEFF-party en hulle moet die kostes van die aansoek betaal. Die ministerie is wel opdrag gegee om voor 25 Maart met NEFF te vergader maar dit is vir dialoog, en nie onderhandelings nie.