Medvedev begin goed by Dubai
Die wêreldnommer-vier, Daniil Medvedev, het die verdediging van sy Dubai-kampioenskapstitel met ‘n oortuigende oorwinning begin. Die Rus het in sy eerste wedstryd sedert hy verlede maand die Australiese Ope-eindstryd verloor het, sy 340ste loopbaanoorwinning behaal met ‘n sege van 6-3, 7-5 oor Alexander Shevchenko van Kazakhstan. Medvedev speel vandag in die ronde van 16 teen Lorenzo Sonego van Italië. Ugo Humbert van Frankryk het sy landgenoot Gael Monfils met 4-6, 6-3, 6-3 geklop, terwyl die vierde gekeurde Karen Khachanov van Rusland vir Luca Van Assche van Frankryk in skoonstelle verslaan het.