Gauteng sorg net vir 40% van sy armes

Die DA in Gauteng sê behoeftige inwoners kry swaar omdat die provinsiale Departement van Maatskaplike Ontwikkeling se programme vir armoedeverligting misluk. Volgens die departement se derde kwartaalverslag vir die 2023/2024-boekjaar het hy slegs 40,3 persent van sy teikens vir armoedeverligting gehaal. Refiloe Nt’sekhe van die DA sê dit beteken dat meer as 1,4 miljoen begunstigdes in die provinsie nié voordeel kon trek uit die armoedeverligtings-programme nie: