Freddie Mercury se Londense plaashuis is in die mark
Freddie Mercury se herehuis in die weste van Londen is in die mark vir byna 727 miljoen Namibiese dollar. Die hoofsanger van Queen het die huis in ‘n stil enklawe in Kensington in 1980 gekoop, en dit beskryf as sy plaashuis in sentraal-Londen. Dit het onder meer ‘n dubbelhoogte-eetkamer, ‘n kleedkamer met spieëlmure, ‘n kroeg, ‘n biblioteek en ‘n Japanse tuin met fonteine. Sky News berig die huis is in 1907 in die Neo-Georgiaanse styl gebou. Mercury se beste vriendin, Mary Austin, het daar gewoon sedert hy dit aan haar nagelaat het met sy dood in 1991.