Kaapstad werk hard aan kragonderbrekings

Die Stad Kaapstad het nuwe maatreëls in werking gestel om dienslewering te verbeter, aandag te gee aan kragonderbrekings in spesifieke gebiede, en individuele eiendomskragtoevoer en enkelstraatlig-onderbrekings aan te pak. Dit volg op uiterste vlakke van beurtkrag-verwante vernielsug en skade aan kraginfrastruktuur in die suidelike gebiede, insluitend Mitchells Plain, Gugulethu, Wynberg en Philippi. Die aksieplan sal help om agterstande uit te wis en instandhouding te verbeter. Die burgemeesterskomiteelid vir Energie, Beverley van Reenen, sê energiespanne werk in ‘n abnormale omgewing, wat omkeertye beïnvloed: