Riviere vloei bestendig, maar Kunene tel weer op
Die land se riviere in die noorde bly bestendig, behalwe vir die Kunenerivier by Ruacana, wat teen 349,3 kubieke meter per sekonde vanoggend veel sterker gevloei het as gister. Die Zambezirivier by Katima Mulilo se watervlak van 1,70m was 2cm hoër as gister, maar steeds baie laer as dieselfde tyd verlede jaar, volgens die Namibië Hidrologiese Dienste. Die Okavangorivier het by Rundu ‘n sentimeter gesak na 5,79m vanoggend. Die benede-Oranjerivier sak steeds en het by Blouputs 0,46cm gemeet, terwyl ‘n vlak van 0,63cm by Sendelingsdrift aangeteken is.