Banyana sal Tanzanië nie onderskat nie
Sokker: Banyana Banyana pak Tanzanië vanaand in Mpumalanga in die tuiswedstryd van hul Olimpiese kwalifiseerder. Suid-Afrika het Tanzanië in verlede week se weg-wedstryd in Dar-es-Salaam 3-0 geklop om hul soeke na ‘n plek in die Spele in Parys in Julie te versterk. Banyana se afrigter, Desiree Ellis, sê die oortuigende oorwinning het baie druk op haar spelers verlig, maar hou vol hulle sal nie hul teenstanders onderskat nie.