Wees versigting in gevaarlike hoë temperature!

Die Suid-Afrikaanse Weerdiens waarsku inwoners van die Wes- en die Noord-Kaap om voor te berei vir gevaarlike hoë temperature. Dit sluit die suid-westelike dele van Namibië in. ‘n Geel vlak-twee waarskuwing vir skadelike wind ter see tussen Kaap Columbine en Kaap Agulhas is ook uitegreik. Waarskuwings vir hoë brandgevaar is uitgereik vir Kamiesberg en Hantam in die Noord-Kaap, en die Weskus- en die Sentraal-Karoo-distriksmunisipaliteit in die Wes-Kaap. Die weerdiens voorspel uiters warm en ongemaklike toestande, met temperature van tot 40 grade Celsius. Mense word gemaan om hitte-blootstelling te beperk, en voorsorgmaatreëls te tref.