Goedgekeurde bouplanne in Windhoek daal skerp
Die Stad Windhoek het in Januarie 76 bouplanne ter waarde van 53,8 miljoen Namibiese dollar goedgekeur uit die 122 wat ontvang is, vergeleke met 105 planne wat in Desember verlede jaar goedgekeur is. Dit is ‘n afname van 11.6 persent op ‘n jaargrondslag en ‘n maand-tot-maand afname van 27,6 persent. Die hoogste waarde van goedgekeurde planne volgens konstruksietipe was vir huise, met altesaam 41,8 miljoen dollar, gevolg deur toevoegings ter waarde van 8,6 miljoen dollar. Die voorstad met die hoogste waarde van goedgekeurde huisplanne vir Januarie was Otjomuise, met ‘n totaal van 18,2 miljoen dollar.