Brandstofpryse dalk Vrydag bekend
Die energie-ministerie sê die komitee wat brandstofpryse bepaal sal Donderdag vergader, terwyl die nuwe brandstofpryse volgende week Woensdag in werking tree. Hierdie maand het die ministerie die prys van brandstof verlaag na ‘n hersiening van vervoertariewe. Die ministerie het ‘n onderverhaling van 44 sent per liter op petrol aangeteken en onderverhalings van 33 sent op diesel 50 dpm en 28 sent op diesel 20 dpm. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Abednego Ekandjo, petroleum-ekonoom by die energie-ministerie, oor wanneer die barndstofprys aangekondog sal word.