Namibië het eie hondsdolheid- entstof ontwikkel
Namibië het sy eie entstof teen hondsdolheid ontwikkel en is gereed om vanjaar koedoes te begin in-ent. ‘n Navorsingspan het beslis dat die resultate wat tot dusver in die Hondsdolheid in Koedoes-projek behaal is, die implementering van ‘n entstofprogram ten volle regverdig. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met dr. Rainer Hussel oor ‘n opdatering van die projek se werksaamhede.