Stigting gereed om honderde gestrande waterskilpaaie te red

Die Twee Oseane Akwarium-stigting in Kaapstad het ‘n oproep gedoen dat strandgangers waaksaam moet wees vir gestrande waterskilpaaie wat tydens die strandingseisoen aan die kus uitspoel. Dit volg op die onlangse redding van ‘n gestrande waterskilpad wat deur eendmossels gekamoefleer is. Volgens die stigting strek die strandingseisoen aan die Wes-Kaapse kuslyn gewoonlik van Maart tot Julie. Die broeilinge kom van die Noordelike Strande in KwaZulu-Natal waar hulle uitbroei en dan seelangs na die Agulhas-seestroom beweeg.