Saak van moord op Duitse toeris uitgestel

Drie Zimbabwiërs wat daarvan beskuldig word dat hulle ‘n Duitse toeris in Limpopo vermoor het, moet volgende Maandag na die Northam-landdroshof terugkeer. Jan Moshabi, Abstein Madzvimbo en Thomas Moyo staan tereg op aanklag van moord en oortreding van die Immigrasiewet nadat die 74-jarige Herman Westphal die afgelope naweek in die dorp aangerand en vermoor is. Die Nasionale Vervolgingsgesag se woordvoerder, Mashudu Malabi-Dzhangi, sê die saak is uitgestel sodat die beskuldigdes regsverteenwoordiging kan kry.