Tshwane verskerp veiligheid by sy fasiliteite

Die Stad Tshwane sê hy gaan metro-polisiebeamptes by sy fasiliteite soos parke en swembaddens ontplooi om dit teen diefstal en vandalisme te beskerm. Dit volg ná klagtes dat mense onwettig in die Pretoria-Noord swembad op die hoek van Emily Hobhouse-straat en Brits-weg se kleedkamers slaap. Die stad se woordvoerder, Selby Bokaba, sê metro-polisiebeamptes sal binne en buite die park en swembad patrolleer om seker te maak mense gebruik nie die badkamergeriewe as slaapplek nie.