Macron maak die deur oop vir Europese troepe in Oekraïne

Die Franse president Emmanuel Macron het die deur oopgemaak vir Europese nasies wat dalk troepe na die Oekraïne sal stuur, alhoewel hy gewaarsku het dat daar geen konsensus op hierdie stadium is nie. Sowat 20 Europese leiers het in Parys bymekaargekom met die oorlog wat sy derde jaar betree het. Macron sê alles sal in die stryd gewerp word om te verseker Rusland wen nie die oorlog nie. Internasionale nuusagentskappe berig dat die Withuis bevestig het dat die VSA geen planne het om troepe te stuur nie en so ook nie deur Navo nie.