Gryslys: Regering het misluk en dit gaan ons duur te staan kom

Die PDM se skadu-minister van finansies Nico Smit sê die regering het misluk en het nie sy werk gedoen nie. Dit kom na die Finansiële Aksie-taakmag die land op die gryslys geplaas het. Ekonome het dit voorspel omdat daar blykbaar op die verkeerde elemente gefokus is. Smit sê die mislukking sal die land duur te staan kom.