Bevinding in Horner-ondersoek die week bekendFebruary 27, 2024

Die bevindings van ‘n onafhanklike ondersoek na die Red Bull-spanbaas, Christian Horner, sal na verwagting bekendgemaak word voor die naweek, wanneer die seisoen met die Bahreinse Grand Prix afskop. Die ondersoek is gedoen ná bewerings deur ‘n vroulike kollega dat Horner homself onbehoorlik teenoor haar gedra het. Hy ontken die bewerings. Die omvattende verslag oor die ondersoek is volgens berigte aan die Red Bull-raad oorhandig om te besluit of Horner in sy tweeledige rol as spanhoof en uitvoerende hoof sal aanbly.