Kry vir jou ‘n pennie
Versamel jy skaars munte? Dit is altyd die moeite werd om jou beursie na te gaan, want jy weet nooit wat daar kan uitkom nie. En as jy ‘n Kew Gardens 50 pennie-stuk gevind het, is jy gelukkig. Met net 210 000 van hierdie munte in omloop, is dit redelik skaars om een te besit. Die muntstuk is bekendgestel om 250 jaar van die Londense landmerk te herdenk.
Belangstellendes het op die muntstuk gebie en die aanvangsbod was 50 pennies voordat dit binne ‘n paar uur tot £132 (sowat N$3 239) opgeskiet het. Toe kom die volgende bod in op £136 (sowat N$3 337).
En uiteindelik is die bot toegeslaan op die muntstuk vir £175 (sowat N$4 295), wat ongeveer 350 keer sy eintlike waarde is. Ondanks die feit dat dit 13 jaar gelede bekendgestel is, is dit steeds redelik hoog in aanvraag onder muntversamelaars. Die ontwerp vier die koninklike botaniese tuin.