Blitsbok-afrigter moedeloos oor bestendigheid

Rugby: Die Springbok-sewesafrigter, Sandile Ngcobo, sê bestendigheid het tot dusver vanjaar ontbreek in hul vertonings in die Wêreld-sewesreeks. Die Blitsbokke het Australië met 24-7 verslaan om uiteindelik in ‘n teleurstellende negende plek te eindig, in die Kanadese toernooi in Vancouver. Suid-Afrika het nou ná vier toernooie na die sesde algehele posisie teruggesak. Ngcobo sê die positiewe afronding in die laaste twee wedstryde, waarin die Blitsbokke Kanada en Australië geklop het, het gewys wat gedoen kan word.