D-dag vir ANC se uitstaande kaderontplooiingsdokumente

Die DA sê die ANC het tot die einde van vandag om die uitstaande dokumente te oorhandig wat verband hou met die vergaderings van sy kaderontplooiingskomitee vanaf Januarie 2013. Die party sê, anders sal hy ‘n aansoek bring van minagting van die hof. Verlede week het die regerende party sy kaderontplooiingsdokumente aan die DA oorhandig kragtens ‘n bevel van die Konstitusionele Hof. Die DA sê egter, die ANC het versuim om president Cyril Ramaphosa se e-posse en WhatsApps in te sluit, al was hy die komitee se voorsitter, Die party het ook nie ‘n lys verskaf van alle besluite wat deur die komitee geneem is nie.