VN-omgewingsvergadering fokus op drie krisisse

Die Verenigde Nasies se sesde omgewingsvergadering wat op die verband tussen die drie omgewingskrisisse op die planeet konsentreer, begin vandag in Nairobi, Kenia. Die vergadering sal fokus op hoe meersydigheid kan bydra om die planeet se drieledige krisis van klimaatsverandering, die natuur en verlies aan biodiversiteit, en besoedeling en afval te hanteer. Stede dra die meeste by tot die drieledige krisis en gebruik die grootste deel van die energie, voedsel en hulpbronne. Hulle is verantwoordelik vir 70-persent koolstofvrystellings en meer as 50-persent van die wêreld se afval.