Minstens 15 dood in aanval op Katolieke kerk in Burkina Faso

Minstens 15 mense is dood en twee ander beseer in ʼn vermeende terroriste-aanval op ʼn Katolieke kerk in die noordooste van Burkina Faso. Volgens berigte het gewapende mans Sondag tydens die diens die kerk in die dorpie Essakane binnegegaan en lukraak op mense losgebrand. Die kerk sê die aanvallers was vermoedelik Islamitiese militante. Hierdie dodelike skietvoorval is die jongste in ʼn reeks gruweldade wat aan djihadiste-groepe in die streek toegeskryf word. Sommige teiken Christen-kerke terwyl ander geestelike leiers ontvoer.