Argentynse mans, Nieu-Seelandse vroue wen Kanada-sewes

Rugby: Argentinië is steeds die beste manspan in die wêreld nadat hulle die derde agtereenvolgende keer die kroon in die Kanada-sewes in Vancouver opgeraap het. Die Pumas het Nieu-Seeland in die eindstryd uiteindelik met 36-12 verslaan om hulle greep op die agt afdelings van die Wêreld-sewesreeks te versterk. In die vroue-eindstryd het Portia Woodman-Wickliffe se driekuns Nieu-Seeland gehelp om Frankryk met 35-19 te verslaan en die tweede agtereenvolgende keer die titel te wen. Woodman-Wickliffe sê die nuwe spelers in die span het hulle kant gebring.