ActionSA gaan Wes-Kaapse premierskandidaat aankondig

Die president van ActionSA Herman Mashaba kondig môre die party se premierskandidaat vir die Wes-Kaap in Manenberg aan. Die provinsiale woordvoerder, Matthew George, sê hulle wil verseker vergete gemeenskappe deel in die provinsie se vordering. Daar sal van die premier verwag om die stryd te lei teen bendegeweld; armoede, werkloosheid en onderontwikkeling te verlig; en ‘n veiliger, meer voorspoedige provinsie vir almal te verseker. Die kandidaat se taak sal wees om gemarginaliseerde gemeenskappe in te sluit in die Wes-Kaap se ontwikkeling, veiligheid en ekonomiese groei.