Jeug-aktivis verwag nie veel van komende begroting

Finansminister Iipumbu Shiimi is geskeduleer om op 28 Februarie die begroting vir 2024–2025 ter tafel te lê. Die regering het hier ‘n kans om ‘n bloudruk vir billikheid en bestendige groei uiteen te sit. Suid-Afrika het in sy begroting ‘n aansienlike bedrag aangekondig om jeugwerkloosheid aan te spreek. Kosmos 94.1 Nuus het met die jeug-aktivis George Kambala gesels oor sy verwagtinge vir die jeug in die komende begroting.